Wat behels hierdie uitnodiging:
Hier leer ons om weer bewustelik uit hierdie Bron te leef — soos bome wat hul krag vind in die onsigbare, maar altyd teenwoordige.
Hierdie ervaring is ontwerp vir enigeen wat verlang na:
- rus van ’n gejaagde bestaan
- om te “re-connect“ met jou innerlike Self en ware lewe.
- emosioneel en geestelik gegrond-wees
- die krag in aanwesigwees en deernis
- gesonder verhouding met Self, Ander en God
- genade en ’n dieper bewussyn van God se stille werk
- sagte begeleiding deur temas van groei, identiteit en innerlike heelheid
- kontemplatiewe oefeninge
- stilte, refleksie en ruimte om jou eie waarheid te hoor
- insigte oor hoe om weer gegrond, bewus en teenwoordig te leef
- praktiese maniere om die wysheid van bome in jou daaglikse lewe toe te pas.
Jy verlaat die wegbreek geanker en innerlik hernu:
• met ’n helderder verstaan van wie jy is
• met ’n dieper, meer bewuste verhouding met God
• met meer deernis vir jouself en Ander
• en met die wete dat jy gegryp en gehou word, selfs in storms
